Drie mans is in hegtenis geneem wat na bewering Saterdag ’n motor in Heidedal gesteel het. Foto: Argief


Drie mans wat na bewering betrokke was in ’n rooftog in Oranjesig en na bewering ’n voertuig in Heidedal gesteel het, verskyn 12 Junie in die Bloemfontein-landdroshof.

Sers. Mahlomola Kareli sê in ’n nuusverklaring die drie mans tussen die ouderdomme van 28 en 43 is Saterdag 10 Junie omstreeks 03:15 deur die Bloemfontein-blitspatrollie in die Bloemfontein-middestad waargeneem.

Die polisie was op die uitkyk vir die silwer Volkswagen Polo wat gedurende die nag in Heidedal gesteel is.

Toe die polisie die Polo sien, het hulle die voertuig in ’n jaagtog deur Brandwag, Westdene en Bayswater agtervolg voordat die vermeende rowers in Dan Pienaar voorgekeer is.

Die drie mans is op die toneel in hegtenis geneem en word aangehou op klagte van die besit van ’n voertuig wat na bewering gesteel is

You need to be Logged In to leave a comment.