Monique Trollip wat onder die naam Michelle Claassen sing is sedert Maandag vermis, is vanoggend in Beaufort-Wes opgespoor.


Monique Trollip, die Bloemfonteinse sanger oor wie Bloemnuus verlede jaar berig het en wat sedert Maandag (23/05) vermis, is in Beaufort-Wes gevind. Haar broer, Wayne Trollip, was Dinsdag op pad daarheen nadat iemand hulle laat weet het sy is daar.

Monique wat onder die naam Michelle Claassen sing, is gister om ongeveer 13:00 die laaste keer gesien toe sy glo gaan inkopies doen het.

Wayne het vroeër aan Bloemnuus gesê dat dit nie in sy suster se aard is om net iewers heen te gaan sonder om vir iemand te sê nie. Die inligting dat sy vermis is, is wyd versprei. Dit is onder meer op die netwerk van National Crime Assist versprei, wat nou laat weet het dat sy gevind is. Op Bloemnuus se Facebookblad is die inskrywing teen 12:00 619 keer gedeel.

Volgens Wayne het sy die huis in Generaal de Wet waar sy woon verlaat en het glo altwee haar selfone by die huis gelos.

Haar broer sê sekuriteitskameras het Maandag ongeveer 16:00 die motor met dié registrasienommer opgemerk wat op die N1-suid in die rigting van Colesberg gery het.

Hy het aan Bloemnuus gesê hy weet nie hoekom sy in daardie rigting sou ry nie. Die familie weet nog nie wat gebeur het nie.

Bloemnuus het in Mei verlede jaar ’n berig oor Monique geplaas toe sy haar CD Gebed vir Afrika bekend gestel het.

Dit is die eerste album wat sy onder die naam Michelle Claassen uitgebring het.

You need to be Logged In to leave a comment.