Bfn-skool spog met eie wiskunde-boffin

’n Gr. 11-leerling van die Hoërskool Jim Fouché, Jana Rossouw, het ’n silwermedalje behaal op die Pan Afrika-wiskundeolimpiade (PAMO).


’n Gr. 11-leerling van die Hoërskool Jim Fouché, Jana Rossouw, het ’n silwermedalje behaal op die Pan Afrika-wiskundeolimpiade (PAMO).

Daar het 31 lande deelgeneem aan die olimpiade wat van 13 tot 22 Mei in Rwanda aangebied is.

Jana was een van ses spanlede van die Suid-Afrikaanse Wiskundestigting (SAMF) wat ’n algehele derde plek op die olimpiade behaal het. Morocco het die olimpiade gewen en Algerië was tweede.

Op die kompetisie moes spanlede hul vaardighede om probleme op te los, hul bekwaamheid in wiskunde en deursettingsvermoë demonstreer.

Die ander spanlede was Eli Williams (gr. 9, silwermedalje) en Ellen Grant-Smith (gr. 10, silwer), albei van die Hoërskool Westerford; Hugo Bouwer (gr. 12) van die Hoër Jongenskool Paarl (silwer), Moied Baleg (gr. 10) van Settlers High School (brons) en Yian Xu (gr. 10) van die Redhill School (silwer).

Die ses is gekies op grond van hul prestasie in verlede jaar se nasionale wiskundekompetisie.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.