Claudia (links) en Alicia Wambath in ’n episode van Klein Paradys, wat nou op kykNET uitgesaai word.Foto: Verskaf


Dit is die moeilikste ding wat hulle nog saam gedoen het, maar dit was elke oomblik werd.

Só sê die Sussies van Bloemfontein Alicia en Claudia Wambath, wat nou in kykNET se werklikheidsreeks Klein Paradyste sien is.

Die duo is een van ses wat mikro-eenhede van 21 m² in praktiese spog-akkommodasie moes ontwikkel. Die wenners ontvang prysgeld van R1 miljoen.

Hoe dit gekom het dat die twee sussies, oudleerlinge van die Hoërskool Jim Fouché, aan die werklikheidsreeks deelgeneem het, is blote toeval.

In die stadium dat hulle hiervoor ingeskryf is, het Alicia nog, soos Claudia, in Bloemfontein gewoon. Sy het meubels in haar woonstel opgekikker en was op soek na inspirasie in die tydskrif Tuis, toe sy op die artikel afkom oor ’n selfdoen-kompetisie op kykNET.

Claudia vertel sy het ’n oproep van haar suster gekry om te sê dat sy hulle vir ’n kompetisie ingeskryf het.

Claudia, ’n tatoeëer­kunstenaar in Westdene, is die kunstige een en beskou haar sussie as die praktiese een.

“Ons was so verbaas dat ons eindelik gekies is om in die reeks te verskyn,” sê sy.

Claudia sê omdat dit die eerste reeks van sy soort was, het geen van die deelnemers geweet wat op hulle wag nie.

Deelnemers het 25 dae gehad om die mikro-eenheid te voltooi. Die Sussies van Bloemfontein het hul eenheid Kaapse Nooi genoem.

Maar maklik was dit nie.

“Ons het dikwels 22 uur per dag gewerk,” vertel Alicia.

“Dit was ’n toets om oorlewing.

“Ek en Claudia is kreatief, maar weet nie veel van argitektuur nie, so dit was regtig vir ons ’n journey van selfontdekking.”

Claudia sê vir haar was dit ’n bittersoet ervaring.

Sedert die verfilming het Alicia na Kathu verhuis, waar die liefde in haar lewe woon.

Kykers sal die reeks moet dophou om te sien hoe die sussies gevaar het en wie van die duo’s die R1 miljoen gewen het.

Klein Paradys is Donderdae om 20:00 op kanaal 144 op DStv te sien; ook op Catch Up. Volg Die Sussies Van Bloemfontein op Facebook.

You need to be Logged In to leave a comment.