Talle Vrystaters wat deelgeneem het aan die nasionale biathle- en triathle-kampioenskapsbyeenkoms wat op 3 tot 5 Oktober in Mbombela aangebied is, het medaljes verower.

Medaljewenners in die biathle is van links Adri Vermaas, Rika Vermaas, Danny Pienaar, WJ Kruger, Johnathan Matthew, Shannon Kruger en Lynette Fischer. FOTO’S: Verskaf

Medaljewenners

Biathle

  • o.13 seuns: Johnathan Matthew, 2de;
  • o.15 seuns: Dehan Cilliers, 2de;
  • meisies: Zoe Morgado, 1ste;
  • junior vroue: Danny Pienaar, 3de;
  • junior mans: WJ Kruger, wenner;
  • senior vroue: Shannon Kruger, 3de;
  • vroue 60+: Lynette Fischer, wenner, asook Rika Vermaas, 2de; en
  • mans 60+: Adri Vermaas, wenner.
Van die medaljewenners wat in triathle op die nasionale biathle- en triathle-kampioenskapsbyeenkoms in Mbombela presteer het, is van links Gail Potgieter, Adri Vermaas, Rika Vermaas, Ina Prinsloo, Danny Pienaar, Chani Britz en Zoe Morgado.

Triathle

  • o.15 meisies: Zoe Morgado, 2de, asook Chani Britz, 3de;
  • junior vroue: Danny Pienaar, 2de;
  • Senior vroue: Gail Potgieter, 3de;
  • vroue 50+ : Ina Prinsloo, 3de;
  • vroue 60+ : Lynette Fischer, wenner, asook Rika Vermaas, 3de
  • mans 60 + : Adri Vermaas, 2de

You need to be Logged In to leave a comment.