Twee Bloemfonteinse sussies, Abigail (19) en Annabelle Ras (11), neem op Saterdag 28 September aan die Suid-Afrikaanse gimnastiek-spele in Kaapstad deel. Die twee is lede van die Bloemfontein-gimnastiekklub en gaan die Vrystaat in parkour verteenwoordig. Hulle word deur Ben-Arthur Stander afgerig.Foto: Verskaf