Bloemfontein-blits wen senior wedloop

Rumé Burger, 17, van die Hoër Meisieskool Oranje, het op 26 April by die Suid-Afrikaanse senior atletiekkampioenskaps-byeenkoms goud in die 200m gewen, met ‘n tyd van 23.49. Sy het ook ‘n rekord in die 100m verbeter, met ‘n tyd van 11:43. Rumé is die oudste dogter van voormalige Blitsbok Philip Burger.

Rumé Burger Credit: Hannes Naude

Die blits van Bloemfontein het haar stem weer dik gemaak – dié keer op senior vlak.

Rumé Burger (17) van die Hoër Meisieskool Oranje het die afgelope tyd die aandag op haar gevestig met haar blitsige tye.

Op die Suid-Afrikaanse senior atletiekkampioenskapsbyeenkoms op Saterdag 26 April in Potchefstroom het sy goud in die 200m verwerf.

Rumé Burger kry ‘n drukkie van haar afrigtr, Elinda Voster nadat sy die 200m op die senior kampioenskappe gewen het. Foto’s: Hannes Naude

Sy is heel moontlik die jongste atleet tot nog toe wat met dié titel kan spog.

Met dié oorwinning is sy die skolekampioen én die senior kampioen in die 200m.

Sy het die wedloop in 23.49 gewen, wat stadiger is as die tyd wat sy in Bloemfontein gehardloop het (23.35) vir die skolebyeenkoms.

Vroeg in April het sy ‘n rekord in die 100m vir meisies o.17 verbeter. Sy het die wedloop op die nasionale hoërskole-atletiekbyeenkoms in ‘n tyd van 11:43 gehardloop, wat 15 sekondes beter is as die rekord wat sedert 2006 gestaan het. Sy het ook die rekord in die 200m verbeter.

Die naweek was sy derde in die 100m, met nog ‘n Bloemfonteiner, Gabby Marais (21), wat haar met drie sekondes geklop het. Rumé se tyd was 11.58.

Rumé is die oudste dogter van die voormalige Blitsbok Philip Burger.

Sy het haar afrigter Elinda Vorster nagedoen wat ook as skoolmeisie die derde plek in die 100m in die Suid-Afrikaanse senior kampioenskap verwerf het, toe sy 15 jaar oud was. Rumé het Elinda egter met nege jaar voorgespring deur Suid-Afrikaanse kampioen in die 200m te word. Elinda het dít op 26-jarige ouderdom in 1992 vermag.

Rumé Burger in aksie op die senior atletiek-kampioenskapsbyeenkoms. Credit: Hannes Naude

You need to be Logged In to leave a comment.