Die Rhapsody-orkes raak sentimenteel met fliekmusiek. Foto: Verskaf

Daar is darem min dinge wat so aan die hartsnare pluk soos die musiek van een van jou gunsteling-rolprente.

Die Rhapsody-orkes, onder leiding van Heinrich Lategan, bied op Saterdag 7 Junie ‘n program genaamd Sentimental Cinema in die Wynand Mouton-teater op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV) aan.

Kom luister na die musiek van treffer-rolprente en herleef spesiale oomblike in St. Elmo’s Fire, Finding Nemo, Up, Harry Potter, Schindler’s List, Pearl Harbor, The Godfather en vele meer.

Die musiek word uitgevoer deur die gemeenskaps-orkes wat bestaan uit passievolle musikante van Bloemfontein. Almal van amateurs tot studente, skoliere en professionele musici span saam om ‘n onvergeetlike ervaring aan die gehoor te bied.
Kaartjies vir die vertoning om 19:00 kos R50 en is beskikbaar op Quicket of by die deure.

You need to be Logged In to leave a comment.