Bloemfontein is bekend vir sy besonderse sonsondergange, maar een Bloemfonteiner het met berekenings gaan uitwerk waar die son in die perfekte plek kan ondergaan vir ’n mooi foto.
’n Junior navorser aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) se dept fisika, Lucas Erasmus, het navorsing gedoen oor waar die son volgens Bloemfontein se middestad se blok-uitleg die perfekte sonsondergangfoto sal lewer.
Hy sê dit is na aanleiding van Stonehenge in Engeland waar die son met die somersonstilstand loodreg deur die klippe skyn. Mense neem ook pragtige foto’s van Manhatten in New York waarna mense dan verwys as ‘Manhattenhenge’.
Hy het dié foto Woensdag (23/08) in Bloemfontein se hoofstraat, Charlotte Maxetestraat geneem.