Bloemfontein se “Fordnox” reg vir uitdaging teen bokskampioen

Die Hoërskool Pres. Steyn buite Bloemfontein se Manne-aand gaan vanjaar ’n interessante kinkel hê met Bloemfontein se eie “Fordnox” wat die bokskampioen Dricus ‘Stillnox’ du Plessis ‘uitdaag’.


Die Hoërskool Pres. Steyn buite Bloemfontein se Manne-aand gaan vanjaar ’n interessante kinkel hê met Bloemfontein se eie “Fordnox” wat die bokskampioen Dricus ‘Stillnox’ du Plessis ‘uitdaag’.

Jacques ‘Fordnox’ Strydom, onoorwonne in sy laaste 28 van 11 gevegte buite die bokskryt, het ook gesê hy is reg vir vanjaar se brandewyn-uitdaging op dié Manne-aand.

Strydom, eienaar van Human Auto en Be Human buite die stad, ondersteun Pres. Steyn al meer as 20 jaar.

“Vanjaar gaan groter as ooit wees,” het hy manne in die stad uitgedaag. “Bring jul beursies en kom ondersteun die skool.”

Met ’n glas brandewyn en coke is daar al goeie geld vir liefdadigheid ingesamel. “Die mense het destyds gedink ek is gek toe ek R1 500 vir ’n dubbel-brandewyn ten bate van die skool betaal het. Manne-aande gaan oor die goeie gees en die geld wat vir ’n goeie doel gaan,” sê hy.

Die Manne-aand word op Woensdag 11 Oktober om 18:00 aangebied. Kaartjies, wat ’n ete insluit, kos R500 of R5 000 vir ’n tafel van 10 mense. ’n Groot veiling word tydens die geselligheid aangebied. Skakel 066-231-2694.

Koop jou kaartjie en gaan kyk wie triomfeer in dié ‘uitdaging’.

Sien die video oor ‘Fordnox’ se ernstige voorbereiding vir die groot aand.

You need to be Logged In to leave a comment.