Die polisie waak vanoggend oor die EFF-staking wat landwyd verklaar is.Foto: Argief


Hoewel daar vroeg vanoggend klein groepies EFF-betogers in die Bloemfonteinse middestad asook plekke soos Ellastraat in Willows waargeneem is, was die stad oor die algeneem stil.

Herman Lombard van die NCA het sy dank uitgespreek teenoor die Suid-Afrikaanse Polisiediens wat die situasie dophou.

Brigadier Athlenda Mathe, woordvoorder van die Nasionale Gesamentlike Operasionele en Intelligensiestrukture (Natjonts), sê wetstoepassers het die afgelope 12 uur reeds 87 betogers oor die land heen in hegtenis geneem weens openbare geweld en verwante oortredings.

Sy sê die nasionale en provinsiale wetstoepassingspanne monitor die situasie en sal optree teen gevalle van wetteloosheid en kriminele aktiwiteite.

Van die mense wat in hegtenis geneem is, is 41 in Gauteng, 29 in Noordwes en 15 in die Vrystaat in hegtenis geneem.

Die polisie het meer as 24 600 bande gekonfiskeer wat op strategiese plekke geplaas is as deel van kriminele optrede. Daarvan is 4 600 in die Vrystaat.

Mathe sê wetstoepassingsamptenare sal aanhou om die situasie dop te hou en publieke orde te handhaaf om inwoners en hul eiendom te beskerm.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article