Bloemfonteiner ’n finalis vir land se beste boerewors

’n Bloemfonteiner is deel van die 10 finaliste wie se resep die naweek beoordeel gaan word om die land se boereworskoning aan te wys.


’n Bloemfonteiner is deel van die 10 finaliste wie se resep die naweek beoordeel gaan word om die land se boereworskoning aan te wys.

Marthinus Verwey van Fichardtpark in Bloemfontein skryf al die laaste 15 jaar sy boereworsresepte in vir die Shoprite en Checkers Championship Boereworskompetisie.

“Ek het op my resep bly verbeter soos wat ek elke jaar ingeskryf het,” sê Verwey. “Nou het ek uiteindelik ’n wenresep met die perfekte kombinasies van verskillende speserye wat waardig is om onder die topresepte in die land te tel. Ek is so opgewonde dat my deursettingsvermoë uiteindelik vrugte afgewerp het.”

Hy is ’n streeksvleismarkbestuurder vir Checkers.

Die tien finaliste se resepte is onlangs deur ’n paneel beoordelaars, bestaande uit lede van die Suid-Afrikaanse Sjefvereniging (Saca), oor verskeie rondes beoordeel en gaan Saterdag 24 Augustus in Kaapstad vir die titel meeding.

Tydens die finale ronde sal hulle hul boerewors voorberei en gaarmaak, waarna dit deur die beoordelaars Zanele van Zyl, Carmen Niehaus, James Khoza, Matthew Howcroft en Martin Kobald beoordeel sal word.

Die wenresep Boerewors sal van 6 September af landwyd in Shoprite en Checkers-winkels beskikbaar wees.

  • Die ander nege finaliste is: Moshasheni Mabotja, wat by die department van openbare werke in Polokwane, Limpopo, werk; ) Werner Taljaard, ’n streeksbestuurder vir Checkers streeksvleismarkbestuurder vir Checkers van Yzerfontein, Wes-Kaap; ) Werner Gouws, ’n dieregesondheidstegnikus van Riviersonderend, Wes-Kaap; ) Rasheed Hassen, ’n streeksvleismarkbestuurderfrom van Randfontein, Gauteng; ) Jasper Gordon, streeksvleismarkbestuurder van die strand Strand, Wes-Kaap. ) Elrico Jansen, ’n slaghuisbestuurder in opleiding van Kimberley in die Noord-Kaap; ) Ruard Briel, ’n finansiële bestuurder van Centurion, Gauteng; ) Debbie Nel, ’n vrywilliger van die Domino-stigting in Amanzimtoti, KwaZulu-Natal; ) Ashook Beharie, ’n streeksvleismarkbestuurder van Ladysmith in KwaZulu-Natal.

Die eerste prys is ’n splinternuwe Toyota Forturner Fortuner 2.4 GD-6 RB AT en ’n R20 000 kontantprys.

Die tweede prys is R50 000 en derde plek R30 000.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.