Wat doen jy vanjaar vir Mandeladag in Bloemfontein?Foto: Lientjie Mentz


Wat doen jy vir Mandeladag?

Die studentehuiseienaarsorganisasie Multi Let reël vir Dinsdag (18/07) ’n opruimingsprojek, en inwoners van Universitas word genooi om ’n sak te bring en te help om die omgewing skoon te maak. Die aktiwiteit begin om 10:00 by die Vrystaatse argief by die suidelike hek van die Universiteit van die Vrystaat (UV).

Bloemshelter gaan Dinsdag die muur voor dié skuiling vir vroue verf om bewustheid van huishoudelike geweld te skep. Enigeen wat verf of kwaste wil skenk, of met die kunswerk wil kom help, kan van 09:00 af by Bloemshelter in Raymond Mhlaba-straat opdaag.

Anchor of Hope doen opruiming in Harlemstraat, Noordhoek, en die publiek is welkom om van 10:00 af daar in te val en te help.

As jy of jou onderneming ’n opruiming beplan vir 67 minute vir Mandeladag, neem ’n foto en stuur dit na lientjie.mentz@media24.com met besonderhede van die mense wat aan die projek deelgeneem het.

You need to be Logged In to leave a comment.