Bloemfonteiners kan hier smul, wyn proe

Bloemfonteiners kry Saterdag (01/07) die geleentheid om nie net heerlike wyn te proe nie, maar meer te leer oor dié wyn.


p

Zander Lombaard

Bloemfonteiners kry Saterdag (01/07) die geleentheid om nie net heerlike wyn te proe nie, maar meer te leer oor dié wyn.

Zander Lombaard, ’n Bloemfonteiner wat nou in sy vierde jaar aan Stellenbosch studeer in die graad BSc wingerd- en wynkunde en sy vennoot, Christie Venter, bied die geleentheid Wyn in die Rosestad aan.

Hul onderneming Cheers Wine Company wil mense meer vertroud maak met minder bekende wyn uit die Kaap, die proses waarop ’n spesifieke wyn gemaak word en die omstandighede wat bydra tot die smaak van ’n wyn.

Saam met die wynproe-geleentheid, gaan gaste by die Brandkop-landgoed die geleentheid kry om vyf geregte saam met een van die uitgesoekte wyne te proe.

Zander sê hy het met sy prakties gehelp maak aan vier van die agt wyne,

Die wyn wat hulle saambring vir die kuiergeleentheid in Bloemfontein, is die Heritage Saamloop Sémillon, Meerlust Red 2019, Waterford Antigo, Quioin Rock White Label Sauvignon Blanc, Knorhoek Chenin Blanc en die Namysto MCC.

“Mense vind wyn intimiderend. Ek dink as mense meer weet van wyn, sal hulle dit meer waardeer. Die interessante ding van wyn is dat elkeen sy smaaksintuig uniek is en dat almal nie dieselfde smaak die selfde ervaar nie.”

Zander sê die Wyn in die Rosestad-geleentheid gaan ’n lekker aktiewe geleentheid wees waar mense heerlike kos gaan eet terwyl hulle meer leer oor die genot van wyn.

Kaartjies vir die geleentheid kos R350 en is beskikbaar op Webticket. Wyn sal ook te koop aangebied word. ’n Kontantkroeg is beskikbaar.

Rig navrae aan Zander by 082-755-5027 of stuur ’n e-pos na cheerswinecompany@gmail.com.

p

Christie Venter
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.