Een van KANSA se gewilde geldinsamelingsprojekte – Koppie vir KANSA – word weer vanjaar aangebied.
Anita Snyders, KANSA se nasionale volhoubaarheidsbestuurder, sê Koppie vir Kansa word deur die jare wonderlik deur die publiek ondersteun.
“Dit is vir ons lekker om weer gasvroue en borge te nooi om vanjaar ’n Koppie vir Kansa-geleentheid ten bate van KANSA aan te bied.”
Vanjaar se tema: With Friends – Like Teas gee volgens Snyders uitdrukking aan die warm, prettige tyd waarop vriendinne wat vir mekaar omgee, saam tyd deurbring.
“Een van my gunsteling uitdrukkings is dat vriendskap nie gaan oor hoeveel tyd jy saam met iemand deurbring nie, dit gaan oor saam met wie bring jy die beste tyd deur. Koppie vir KANSA beeld dit perfek uit,” sê Snyman.
Snyman sê kankerpasiënte, hul familie en versorgers benodig ’n vriend ná diagnose of tydens behandeling.
“KANSA bly toegewyd daartoe om mense wat met kanker gediagnoseer is, van inligting en hulpbronne te voorsien en om hulle al vir meer as 90 jaar te help met emosionele ondersteuning.”
Gasvroue in Bloemfontein wat van Augustus tot Oktober ’n Koppie-vir-Kansa-geleentheid wil aanbied, kan vir Jeanne Rawlinson by 079-572-4842 bel om reëlings te kry.