Bloemfonteiners moet kom saam jol om rande vir Kersfonds te laat inrol

’n Dag van pret word beplan vir Saterdag 29 Junie met valskermspringers en ’n motorfietssaamtrek asook pret vir kinders.


’n Dag van pret word beplan vir Saterdag 29 Junie met valskermspringers en ’n motorfietssaamtrek asook pret vir kinders.

’n Kersfonds Dagjol word die oggend van 10:00 tot laat by Bainsvlei-afslaers in Bainsvlei aangebied.

Die idee agter die pretdag kom van Pieter Erasmus van Bainsvlei-afslaers en die doel is om geld in te samel vir Volksblad en Sentraal24 se Kersfonds wat jaarliks talle liefdadigheidsorganisasies ondersteun.

Die dag sluit ’n veiling, stalletjies, lekker musiek en springkastele in.

Daar gaan ook valskermspringers by die Dagjol land en ondernemings het die geleentheid om baniere te laat maak wat verkoop word ten bate van die Kersfonds waarmee die valskermspringers sal spring.

Kentekens is spesiaal ontwerp vir motorfietsryers wat die dag hier wil saamkuier.

Rig navrae oor die dag aan Erasmus by 082-309-9401.

You need to be Logged In to leave a comment.