Bloemfonteiners tref die kol

Kort voordat die spelers van die Mangaung-metro se Veerpyltjievereniging (MMDA) na Johannesburg vertrek vir die Suid-Afrikaanse kampioenskapsbyeenkoms van 3 tot 8 Julie, word daar plaaslik flink meegeding.


Die manspan is van links Jaco Fourie (kaptein), Cois Oelofse, Deon Zietsman, Robert Venter (spanbestuurder), Ashegan Hariparsad, Werner Bailey en Nico Saaiman.

Die vrouespan van die Mangaung-metro se Veerpyltjievereniging (MMDA) is van links Heloise Nel (bestuurder), Helena Nel (kaptein), Ester Smit, Yollette du Plessis en Hilda Venter. Foto’s: Lientjie Mentz

Kort voordat die spelers van die Mangaung-metro se Veerpyltjievereniging (MMDA) na Johannesburg vertrek vir die Suid-Afrikaanse kampioenskapsbyeenkoms van 3 tot 8 Julie, word daar plaaslik flink meegeding.

Die vereniging bestaan uit drie klubs in die stad: die Lengau-klub in Batho, die Wolverine-k­lub in Waterbron en die Bloemfontein-veerpyltjieklub by CD’s Pub and Grill in Genl. de Wet.

  • Op die Vrystaatse Interdistrikte-kompetisie, op 4 en 5 Junie in Bloemfontein gehou, het plaaslike spanne en spelers uitgeblink: In die Vroue B-afdeling was die MMDA vroue B-span die wenner.) In die Mans C-afdeling was die MMDA vrou B-span die wenner.
  • Die B-manspan van die MMDA was die wenner in die B-afdeling.
  • In die vrouedubbelspel, ope afdeling, was Helena Nel en Yollette du Plessis die naaswenners.
  • In die mansdubbelspel, ope afdeling, was Jaco Fourie en Cois Oelofse naaswenners.
  • In die vroue-enkelspel het Yollette du Plessis gewen, en Sharleen Hariparsad was die naaswenner.

Plaaslike spelers is ook as speler van die toernooi in hul onderskeie afdelings gekroon:

  • Tsholo Menong was die C-manspeler van die toernooi.
  • Dries du Plessis was die B-manspeler van die toernooi.
  • Sharleen Hariparsad was die B-vrouespeler van die toernooi.
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.