Die manspan is van links Jaco Fourie (kaptein), Cois Oelofse, Deon Zietsman, Robert Venter (spanbestuurder), Ashegan Hariparsad, Werner Bailey en Nico Saaiman.

Die vrouespan van die Mangaung-metro se Veerpyltjievereniging (MMDA) is van links Heloise Nel (bestuurder), Helena Nel (kaptein), Ester Smit, Yollette du Plessis en Hilda Venter. Foto’s: Lientjie Mentz

Kort voordat die spelers van die Mangaung-metro se Veerpyltjievereniging (MMDA) na Johannesburg vertrek vir die Suid-Afrikaanse kampioenskapsbyeenkoms van 3 tot 8 Julie, word daar plaaslik flink meegeding.

Die vereniging bestaan uit drie klubs in die stad: die Lengau-klub in Batho, die Wolverine-k­lub in Waterbron en die Bloemfontein-veerpyltjieklub by CD’s Pub and Grill in Genl. de Wet.

  • Op die Vrystaatse Interdistrikte-kompetisie, op 4 en 5 Junie in Bloemfontein gehou, het plaaslike spanne en spelers uitgeblink: In die Vroue B-afdeling was die MMDA vroue B-span die wenner.) In die Mans C-afdeling was die MMDA vrou B-span die wenner.
  • Die B-manspan van die MMDA was die wenner in die B-afdeling.
  • In die vrouedubbelspel, ope afdeling, was Helena Nel en Yollette du Plessis die naaswenners.
  • In die mansdubbelspel, ope afdeling, was Jaco Fourie en Cois Oelofse naaswenners.
  • In die vroue-enkelspel het Yollette du Plessis gewen, en Sharleen Hariparsad was die naaswenner.

Plaaslike spelers is ook as speler van die toernooi in hul onderskeie afdelings gekroon:

  • Tsholo Menong was die C-manspeler van die toernooi.
  • Dries du Plessis was die B-manspeler van die toernooi.
  • Sharleen Hariparsad was die B-vrouespeler van die toernooi.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article