Bloemfonteinse matrieks dra by tot gejuig in VS

Daar word vandag behoorlik feesgevier in die Vrystaat, die provinsie wat ‘n soveelste keer die beste in die land gevaar het in die matriek-eindeksamen.


Daar gaan vandag behoorlik feesgevier word in die Vrystaat, die provinsie wat weer die beste in die land gevaar het in die matriek-eindeksamen.

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het Donderdag op ’n geselligheid in Johannesburg aangekondig dat die nasionale slaagsyfer 80,1% is; en dat die Vrystaat met ’n slaagsyfer van 88,5% die topprovinsie is.

Dit is die vierde jaar agtereenvolgens dat die Vrystaat aangewys word as die provinsie wat die beste presteer het, en dit is die sewende keer in tien jaar dat dié eer die Vrystaat te beurt val.

’n Gelukwensingseremonie vir die Vrystaat se topmatrieks word vandag in die Boet Troskie-saal op die kampus van die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT), Vrystaat, aangebied.

Van die Bloemfonteiners wat met agt en nege onderskeidings spog, is:

  • Carla Fourie van die Hoër Meisieskool Oranje, 9 onderskeidings;
  • Ninke Botha van die Hoërskool Jim Fouché (9);
  • Mikael van Eschwege van Grey-kollege (sekondêr) (8);
  • Chrismie Smith van Oranje (8);
  • Lize Ferreira van die Eunice High School (8);
  • Nialize Cronje van die Hoërskool Sentraal (8);
  • Emma Nel van Eunice (8);
  • Bennie Viljoen van die Hoërskool Fichardtpark (8);
  • Yi-Shiuan Ma Huang van Eunice (8);
  • Joubert Potgieter van Grey (8);
  • Annemie Grobler van Oranje (8);
  • Niël Arlow van Fichardtpark (8);
  • Dawie Botes van Fichardtpark (8);
  • Donavan Havenga van Sentraal (8); en
  • Mia Coetzee van Sentraal (8).

Altesaam 922 000 heeltydse en deeltydse matrieks het die eksamen in 2022 voltooi.

Motshekga het haar kommer uitgespreek omdat, uit die groep van 1,1 miljoen wat in gr. 1 begin het, net 775 000 heeltydse leerlinge matriek voltooi het. – Volksblad-verslagspan

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.