Bloemfonteinse uitgewer kry internasionale aandag deur Bob Dylan

Een boodskap op die sosialemedia-platform X het ’n Bloemfonteinse uitgeweronderneming se naam binne dae internasionaal bekend gemaak.


Een boodskap op die sosialemedia-platform X het ’n Bloemfonteinse uitgeweronderneming se naam binne dae internasionaal bekend gemaak.

Joe Mynhardt, stigter en uitvoerende hoof van Crystal Lake Publishing, vertel ’n boodskap deur Bob Dylan (83) waarin hy sê dat hy graag kortverhale by dié uitgewer wil laat publiseer, het groot opwinding veroorsaak.

Jo Mynhardt voor van die boeke wat Crystal Lake Pu

Jo Mynhardt voor van die boeke wat Crystal Lake Publishing al uitgegee het.Foto: Verskaf

Die ikoniese sanger was by ’n hotel in Frankfurt waar daar terselfdertyd ’n uitgewerkonferensie aangebied is. Dylan het op Donderdag 23 Oktober op X geskryf: “Ek het nie geweet daar is so baie boekuitgewers oor die wêreld heen nie. Ek wou Crystal Lake Publishing gelukwens met die publikasie van The Great God Pan, een van my gunsteling-boeke. Ek het probeer om hulle in die hande te kry om te hoor of hulle dalk van my stories wil publiseer,” skryf Dylan.

Verskeie publikasies het dié stelling gesien en was gou om met Mynhardt te gesels. Selfs iemand van die Wall Street Journal het hom en sy span vir ’n onderhoud genader.

Mynhardt se uitgewersonderneming het bekendheid verwerf vir die publikasie van rillers. “As laerskoolonderwyser het ek in 2008 begin skryf, en in 2012 het ek my eie uitgeweronderneming gestig.”

Hy sê hy het gou uitgevind dat hy meer van die sake-kant van die uitgewerbedryf hou as die skryf van boeke.

Sedertdien het Cristal Lake Publishing internasionaal naam gemaak, en 210 boeke is reeds deur hulle uitgegee in lande oor die wêreld heen.

“Ek geniet baie die riller-boeke wat in die jare tussen 1890 en 1920 gepubliseer is, en het al ’n hele paar van hulle nuut uitgegee.”

Mynhardt het vroeër vanjaar ’n nie-fiksie boek Shadows & Ink uitgegee waarin hy skrywers meer leer oor die skryfproses van veral die rillers.

“Ek is mal oor wat ek doen. Elke dag bring die moontlikheid van iets groots. Soos dat jou onderneming genoem word deur iemand soos Bob Dylan.”

Die her-uitgawe van The Great God Pan deur Cristal Lake Publishing.Foto: Verskaf

Mynhardt en sy span het intussen allerlei maniere probeer om met Dylan in kontak te kom en is hoopvol dat hulle daarin sal slaag.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.