Bloemskou jolig met karnaval-kinkel

Die Bloemskou 2025, met die tema “Karnaval”, begin op 25 April en duur tot 3 Mei. Onder die nuwe kenmerke is gratis WiFi en ‘n QR-kode vir terreinoriëntering. Meer as 5 000 diere, kunstenaarsoptredes en kompetisies oor die week sal besoekers vermaak


‘n Hele paar nuwighede wag op besoekers aan vanjaar se Bloemskou, wat op Vrydag 25 April begin.

Elmarie Prinsloo, uitvoerende hoof van Bloemskou, het op Dinsdag 15 April by die bekendstelling van Bloemskou 2025, met “Karnaval” as tema, gesê dit is ‘n voorreg om weer hierdie skou aan te bied.

“Bloemskou is die grootste skou in die land en genereer sowat R60 miljoen vir die plaaslike ekonomie.

“Dit is belangrik om dankie te sê aan almal wat werk om hierdie geleentheid te ondersteun en te laat groei,” het sy Dinsdag op die geleentheid by Airborne Café by Emoya gesê.

Dit is vanjaar karnaval by Bloemskou, wat van 25 April tot 3 Mei duur. Die bekendstellingsgeselligheid is Dinsdag by Airborne Café by Emoya gehou. Van links is John Melville (president van Bloemskou), Andy Thaele (Absa-streeksbestuurder) en Elmarie Prinsloo (uitvoerende hoof van Bloemskou). Foto: Lientjie Mentz Credit: Lientjie Mentz

Van die nuwighede waarna besoekers vanjaar kan uitsien, is gratis WiFi wat op die terrein aan besoekers en sakelui beskikbaar sal wees.

Daar is ook ‘n QR-kode waarmee besoekers hulle kan oriënteer en waarmee hulle na punte op die skouterrein kan beweeg deur die kaart op hul slimfoon te volg.

Op 30 April kan besoekers deelneem aan ‘n eksklusiewe Midnight Madness-geleentheid, wanneer die pretpark van 22:00 tot middernag sal oop wees.

Besoekers sal vanjaar weer kan kyk na die Rooms on View om dekor-inspirasie vir die huis te kry.

As jy in die nuutste tegnoliese uitvindsels vir die huis belang stel, moet jy beslis ‘n draai op Bloemskou maak.

Vanjaar is daar weer meer as 5 000 stuks beeste, skape, perde en bokke wat in 23 kampioenskappe gaan deelneem. Bring die kinders om tussen die landbouskoue na die diere te kyk of die pragtige passies van die skouperde te sien.

Van die kunstenaars wat vanjaar by die skou van 25 April tot 3 Mei gaan optree, sluit in Appel (30 April), Bernice West, Bok van Blerk (29 Apirl), Die Piesangskille (25 April), Droomsindrooom (25 April), Riaan Benade en Rikus Nel (28 April), asook Ryk Kleinhans (26 April).

Op Saterdag 26 April word die Bloem Classic-liggaamsboukompetisie, asook die armdruk-kompetisie, aangebied.

Besoek bloemskou.co.za vir kaartjiepryse en die volledige program vir vanjaar se Bloemskou.

You need to be Logged In to leave a comment.