Danksy die aangepaste Covid-19-regulasies kan geleenthede soos Bloemskou voortgaan soos beplan.

“Ons is dankbaar en verheug dat die aangepaste regulasies dit moontlik maak om Bloemskou van 27 April tot 7 Mei aan te bied,” sê Elmarie Prinsloo, uitvoerende hoof.

“Ons verwelkom graag besoekers, uitstallers en deelnemers wat aan die nuut aangekondigde regulasies voldoen. Dit sluit ’n bewys van inenting in – of, as alternatief, bewys van ’n negatiewe Covid-19 toets wat nie ouer as 72 uur is nie.”

Binne die regulasies sluit Bloemskou aan by Nampo, die Royal-skou, Randse skou, Agri-ekspo, Nampo-alfa en alle sportstadions en groot geleenthede om besoekers in groot getalle terug te verwelkom.

“Dankie vir die ondersteuning aan Bloemskou en aan elke klein onderneming, entrepreneur, teler, deelnemer, diens­verskaffer en betrokkene.”

Besoek bloemskou.co.za.

You need to be Logged In to leave a comment.