Bloemskou saai vanjaar kennis vir besoekers

Landbousake word op vanjaar se Bloemskou bespreek tydens die Agri+Indaba, wat van 3 tot 5 Mei aangebied word.


Landbousake word op vanjaar se Bloemskou bespreek tydens die Agri+Indaba, wat van 3 tot 5 Mei aangebied word.

Dié aanbieding deur die Noordwes-Universiteit (NWU) se Sakeskool en Agri Voice sal bestaan uit ’n reeks aktuele en insiggewende paneelgesprekke met Suid-Afrikaanse deskundiges en leiers.

Elmarie Prinsloo, uitvoerende hoof van Bloemskou, sê die doel is om te fokus op kwessies soos volhoubaarheid, asook die modernisering van en die belegging in besigheids­landbou.

Die gesprekke vind daagliks tussen 11:00 en 12:00, en weer tussen 15:00 en 16:00, in die Standard Bank Agritent op die skouterrein plaas.

Van die paneelbesprekings op die program is:

  • Op 3 Mei om 11:00 gesels Prof. Frikkie Maree, die Universiteit van die Vrystaat (UV) se departementshoof van landbouekonomie; Dewald Olivier, uitvoerende hoof van die rooivleisbedryfsdienste; en Elandri de Bruyn, uitvoerende hoof van die Wagyu-telersvereniging, oor die bekostigbaarheid van rooivleis.

Die gesprek word deur prof. Piet Croucamp gelei.

  • Op 4 Mei om 15:00 word ’n bespreking gelei deur GP van Rheede van Oudshoorn oor seisoenwerk in Amerika. Neels Grobbelaar, uitvoerende hoof van ARCSakhile Vrystaat en Shantelle Francis, direkteur van Recruiting for the USA gee raad.
  • Op 5 Mei om 11:00 lei Croucamp ’n gesprek oor agri-preneurskap deur die kweek van groente in ’n tuin as volhoubare onderneming.

Keith Fransch van die Instituut van Landelike en Gemeenskapsontwikkeling; Orabile Manyaapelo, bestuurder van die kleinsakeadvieskantoor by die NWU-sakeskool; en Tuele Kgositau, assistent-direkteur van die Noordwes se departement landbou se afdeling vir landbouer-opleiding en ontwikkeling, is die paneellede.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.