Bloemskou skud vere reg

Reëlings word nou kliphard getref om Boemskou ná twee jaar weer aan te bied.


Reëlings word nou kliphard getref om Boemskou ná twee jaar weer aan te bied.

Weens die Covid-19-pandemie is dié geleentheid in 2020 en 2021 afgestel.

Elmarie Prinsloo, uitvoerende hoof van Bloemskou, moedig mense aan om saam te werk om weer groot skoue, geleenthede en sport na die gemeenskap te bring om sodoende die ekonomie ’n hupstoot te gee.

Bloemskou sal van 27 April tot 7 Mei plaasvind.

“Ons is in afwagting van die aankondiging wat regulasies sal aanpas na 50% van die kapasiteit, pleks van die 2 000 mense buitenshuis en 1 000 mense binnenshuis wat nou toegelaat word. Enige voorwaardes vir bywoning sal hiermee saam aangekondig word,” sê sy.

Volgens Prinsloo sal 22 kampioenskappe van perde, skape en beeste – waarvan 13 nasionale kampioenskappe is – op die skou aangebied word.

Die nasionale kampioenskap vir die Jack Russel-honderas word ook aangebied.

Skougangers kan uitsien na optredes deur onder andere Elvis Blue, Karen Zoid, Snotkop, Spoegwolf en Early B, asook na FMX-motorfiets-waagvertonings en skaatsplank­demonstrasies.

Volgens Prinsloo is die uitstalruimte reeds 50% volbespreek.

Sy sê Bloemskou bied vanjaar aan uitstallers en besoekers toegang tot die skou teen 2020 se pryse.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.