Die tradisie van pragtige rose en mooi blomme wat op een slag vertoon word en om ’n prys meeding, word by die Noorderbloem-aftreeoord in Bloemfontein voortgesit.
Dié aftreeoord het op 23 Oktober sy jaarlikse roosfees gehou, met meer as 200 rose wat vir die kompetisie ingeskryf is.
Johannes Matwele, tuinier by Noorderbloem, is as die wenner in die afdeling vir die mooiste oop roos aangewys en het ook die eerbewys vir die kampioenroos gekry.
Daarvoor het hy die Gerald van Heerden-trofee ontvang.
Matwele het ook die Hercules Pretorius-trofee ontvang, vir die meeste punte op die fees.
Die wenners in die afdeling vir edelrose is: Ina Wilken (pienk), Magda Kleynhans (rooi) en Johanna Carow (enige kleur edelroos).
Ander wenners is Frieda van Wyk (mooiste trosroos), Sakkie van der Vyfer (mooiste miniatuur-roos) en Manie Wolvaardt (mooiste snyblom).