Boek gee blik op ryke wedervaringe

Om 45 jaar se ondervinding in een boek op te som was geen maklike taak nie.


Om 45 jaar se ondervinding in een boek op te som was geen maklike taak nie.

Só sê Freek Robinson (70) oor sy boek Op die man af wat Donderdag (03/03) by die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (Naln) bekend gestel is.

Dié boek is einde verlede jaar uitgegee.

Albé Grobbelaar, ervare nuusman van Bloemfontein, het met Robinson oor die ontdekkingstog deur sy loopbaan gesels.

Robinson het enkele staaltjies gedeel – onder meer sy ervaring in die vroeë 1990s toe hy as korrespondent in Londen gewerk het en die eerste internasionale optrede deur Nelson Mandela in Parys moes bywoon.

“Daar was soveel joernaliste dat ek met ’n mikrofoon deur die skare tot voor gekruip het,” het hy vertel.

“Net toe Mandela inkom, stop hy reg voor my. Hy sê toe vir my: ‘Wat ’n wonderlike oomblik om vir Freek Robinson in lewende lywe te sien. Jy moet terugkom Suid-Afrika toe – daar is baie om te doen’.”

Grobbelaar het onder meer gevra hoe dit vir Robinson voel om in Naln – die “allerheiligste” van die Afrikaanse taal – te sit.

“Ek is so dankbaar vir die rykdom van Afrikaanse literatuur,” was sy antwoord.

“Die ANC moet kennis neem van hoe Afrikaners dit regkry om die Afrikaanse kultuur en taal so sterk te hou. Die taal sal nog lank deel van ons gees en erfenis wees.”

Ek is so dankbaar vir die rykdom van Afrikaanse literatuur – Freek Robinson

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.