Living the Ultimate Keto Lifestyle by Hendrik Marais


Jy het dalk al van die keto-leefwyse gehoor. Nou is daar ’n boek wat jou kan leer hoe om dié leefwyse toe te pas.

leefstyl te beoefen en resepte wat deel van die leefstyl kan vorm.Die skrywer hiervan, Hendrik Marais (31), het die Keto Lifestyle-stigting in Suid-Afrika tot stand gebring. Hy is ook ’n praktiserende prokureur, entrepreneur, driekampatleet en sportgeesdriftige.

Deur sy afrigtings- en dieetprogram het hy al honderde mense gehelp om gewig te verloor en ’n gesonder lewe te lei. Die stigting behels ’n wat op gewigsverlies geskoei is.Hy het .

Hy vertel sy gewigsverliesprogram het al begin toe hy 14 jaar oud was.“Op 17 het ek 121 kg geweeg,” vertel hy in Living the Ultimate Keto Lifestyle: A South African Guide & Cookbook.

“Kort daarna was ek in ’n motorongeluk. ’n Persoonlike afrigter het my oortuig om gesonder te leef en te begin oefen. Teen die einde van my matriekjaar het ek 30 kg afgeskud.”

Hy vertel dat hy destyds met ’n ketogeniese dieet geëksperimenteer het. Weens ’n gebrek aan betroubare inligting hieroor het hy dit egter laat vaar omdat dit nie vir hom gewerk het nie.

Hy het sy lewe lank met sy gewig gesukkel en was ’n kosslaaf met ’n negatiewe verhouding met kos.

“My pad tot hier was nie maklik nie, en by tye het ek baie gesukkel,” sê hy.

“Tot onlangs het ek gesukkel om gewig af te hou wanneer ek dit verloor het. Ek is geen kenner nie – net ’n gewone mens wat sukkel om gemotiveer te bly en dissipline toe te pas.”

Sy boek is in vier dele opgedeel.

In die eerste deel word die keto-leefwyse omskryf, en in die tweede word kosplanne gedeel. Die derde bevat ’n wye reeks resepte, van ontbyt en hoofgeregte tot drankies, peuselhappies en lekkernye, en die laaste bevat spyskaarte vir onthaal.

Dié boek, deur Penguin Random House uitgegee, is ’n omvattende gids wat jou sal help om die keto-leefwyse toe te pas. 

You need to be Logged In to leave a comment.