Boek weef vrou se reis na aanvaarding saam

’n Jong ma se verhaal van pyn en die innerlike genesing wat sy uiteindelik ervaar het, word vroeg volgende jaar in ’n Engelse weergawe van ’n boek oor haar bekendgestel.


’n Jong ma se verhaal van pyn en die innerlike genesing wat sy uiteindelik ervaar het, word vroeg volgende jaar in ’n Engelse weergawe van ’n boek oor haar bekendgestel.


Van ongenooi na ingenooi
is in 2019 deur Bloemfonteinse skrywer Maretha Maartens geskryf.

Dit is Natania Smit se verhaal van hoe ulseratiewe kolitis by haar gediagnoseer is en die katastrofiese gevolge daarvan dat die toestand te ver gevorder het sonder mediese ingryping.

Vandag moet sy met die gevolge saamleef, maar danksy kosbare mense in haar lewe het sy aanvaarding gevind.


Van ongenooi na ingenooi
is die verhaal van hoe sy insig by die Here gesoek het.

Die boek vertel hoe sy die ongenooide siekte, trauma en aanhegsel aan haar liggaam, asook die meegaande emosies, moes leer verstaan en aanvaar.

Natania sê skuilname is in die boek gebruik, maar soveel mense wou weet na wie hier verwys word, dat sy nou openlik sê: Dit is ek.


Sy sê sy en Maretha het die boek geskryf vir mense wat die eensame reis na die noodgevalle-afdeling of ’n onkologie-kliniek onderneem.




“Dit is vir mense wat met nuwe omstandighede moet saamleef en moet gewoond raak aan ’n liggaam wat anders is as voorheen,” sê sy.


Die Engelse weergawe, The Monster I Learned to Love, sal in Januarie beskikbaar wees. Bestel die boek deur ’n WhatsApp-boodskap na 083-262-2263 te stuur.





) Een leser staan die kans om Van ongenooi na ingenooi te wen. Besoek Bloemnuus se Facebook-blad om vir die kompetisie in te skryf.

You need to be Logged In to leave a comment.