Boerboele (en hul eienaars) pronk op spogskou

Die pragtigste boerboelhonde en hul eienaars van oor die land heen het Saterdag (23/07) die eerste Vrystaatse boerboelskou en -beoordeling in meer as vyf jaar by Bloemfontein, by Be Human op die plaas Middelwater, bygewoon.


Die pragtigste boerboelhonde en hul eienaars van oor die land heen het Saterdag (23/07) die eerste Vrystaatse boerboelskou en -beoordeling in meer as vyf jaar by Bloemfontein, by Be Human op die plaas Middelwater, bygewoon.

Ziyaad Issa, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Boerboeltelers­vereniging in die Vrystaat en ook lid van die nasionale vereniging, was baie opgewonde dat die skou weer hier aangebied is. Hy sê daar was 61 honde wat deelgeneem het en 43 honde waarvoor aansoek om akkreditasie gedoen is.

Louise en Robert York van Lime Acres sê hulle is bly oor die skou wat in Bloemfontein aangebied is. Hulle het een van hul honde van Delryboerboele na die skou gebring, en ook een om te takseer. Dit is vir hulle belangrik dat al hul boerboele geregistreer is. Robert sê slegs boerboele wat aan al die eienskappe voldoen, word geregistreer.

Issa, ook die eienaar van Bandit Boerboels in die stad, het die skou aangebied en sê verskeie ander skoue word vir 2022 beplan.

Van die pryswenners op die dag was CDH Mona van CDH Boerboels wat die titels van junior vroulike kampioen en vroulike grootkampioen, asook die hond van die dag-prys, ontvang het.

Delma Donna van Pauron Boerboele was die senior vroulike kampioen en CDH Montaro van Allesandro Boerboele is as die senior manlike kampioen gekroon.

Mintakaroo Sarel van Mintakaroo Boerboele is as die manlike subjunior kampioen aangewys. Mintakaroo Flash van dié telers is die reserwe- senior vroulike kampioen.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.