Boere leer by kenners

“Hittegolwe wat rekords oortref, erge droogtes en die immerstygende pryse van belangrike boerdery-insette soos kunsmis en brandstof is maar enkele van die baie goeie redes waarom plaaslike boere nie Landbouweekblad se herlewingslandbou­konferensie in


“Hittegolwe wat rekords oortref, erge droogtes en die immerstygende pryse van belangrike boerdery-insette soos kunsmis en brandstof is maar enkele van die baie goeie redes waarom plaaslike boere nie Landbouweekblad se herlewingslandbou­konferensie in Reitz moet misloop nie,” sê Chris Burgess, Landbouweekblad-redakteur.

“Hierdie konferensie het oor die jare die maatstaf gestel vir herlewingslandbou-opleiding in Suid-Afrika, en elke jaar word van die beste breine in ekologiese boerdery wat die wêreld kan bied, bymekaar gebring.

“Die doel is altyd om boere toe te rus om die gratis ekologiese dienste te benut wat die natuur bied: Van hoe om die voordelige vyande van insekte te vermeerder om boerderyplae te beheer, tot die opbou van gesonde grond wat minder kunsmis nodig het en reën beter absorbeer.”

Die geleentheid op Maandag 11 Maart en Dinsdag in Reitz begin met ’n aanbieding deur Nick Vos, ’n oud-Suid-Afrikaner wat herlewings­landbou in Amerika bedryf, en ’n groot invloed het in die droë hooglande van Kansas, waar reënval skaars is.

Die hoofborge van die konferensie is VKB en Land Bank.


James Brodie
van Graaff-Reinet sal bespreek hoe hy skape en beeste gebruik om sy grond se mikrobe-bevolking te voed en só sy veld se saadbed voorberei om elke druppel reën wat in sy semi-woestynomgewing kan val, tot die maksimum te benut.

Petrus van Eeden van Harrismith, ’n termynverhandelaar en herlewingslandbouboer wat bekend is vir sy radikale, onortodokse denke, sal bespreek hoe hy hoëtegnologie-besproeiing saam met trekperde gebruik om kontantgewasse te plant, en ook hoe hy die diere as ’n presisiewerktuig gebruik om dekgewasse in staande kontantgewasse te saai.

Die boere se bydraes sal aangevul word deur perspektiewe van betrokkenes in die bedryf. Douw Steyn van Barenbrug sal praat oor die vordering van en nuwe insigte in die aan­planting van dekgewasse oor Suid-Afrika heen, terwyl Jean Kuiper van Real IPM die jongste suksesse in biologiese produkte sal bespreek.

Konferensiegangers kan ook uitsien na ’n aandgeselligheid.

Die tweede dag van die konferensie sal ’n besoek aan Danie Slabbert se plaas bied, met die hoogtepunt ’n bespreking deur Pikkie Uys oor die teel van lae-onderhoud-, aanpasbare beeste in ’n Drakensberger-kudde. ’n Demon­strasie van ultrahoëdigtheid-beesbeweiding, sowel as ’n verskuifbare hoenderhok wat op die veld gebruik word, kan ook verwag word.

Daar sal boonop besprekings wees oor grondbiologie in ’n grondput in ’n 16 jaar oue geenbewerkingland, asook in ’n nul-bemeste mielieland. Die dag word afgesluit met ’n middagete van gebraaide hoender wat volgens herlewingsbeginsels grootgemaak is.

  • Kaartjies kos R1 850 (dit dek bywoning van die konferensie, etes en ’n intekening ter waarde van R1 800 op Landbou.com) en is beskikbaar op quicket.co.za.
  • Rig navrae aan events@landbou.com.
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.