Boere só gesteun

Agriculturedotgolf, ’n nie-winsgewende maatskappy wat hom vir landelike veiligheid in die Vrystaat beywer, bied vanjaar ’n vierde keer agtereenvolgens ’n gholf-en-boeredag aan, wat vanjaar op Vrydag 27 September by die Bloemfontein-gholfklub plaasvin


Agriculturedotgolf, ’n nie-winsgewende maatskappy wat hom vir landelike veiligheid in die Vrystaat beywer, bied vanjaar ’n vierde keer agtereenvolgens ’n gholf-en-boeredag aan, wat vanjaar op Vrydag 27 September by die Bloemfontein-gholfklub plaasvind.

Die tema is “Tegnologie vir sekuriteit”.

Op die boeredag gaan sprekers wees wat oor hierdie tema praat, asook demonstrasies van veiligheidstoerusting aanbied.

’n Verskeidenheid landbouondernemings sal die dag gefokusde uitstallings vir landbouers hê waardeur hulle meer oor produkte en dienste kan leer. Boereverenigings van oor die Vrystaat heen is by die gholfdag betrokke.

Ignatius van Niekerk, direkteur van Opulentia- finansiele dienste wat ook ’n boer is, het gesien dit is noodsaaklik om die private sektor, finansiële instellings, landboumaatskappye, landbouers en plaaswerkers bymekaar te bring met iets soos gholf om sodoende geld in te samel.

Hierdie geld word dan aangewend om in samewerking met Vrystaat Landbou (VL) opleiding aan te bied om landelike veiligheid te bevorder.

“Dit is vir Agriculturedotgolf belangrik om by te dra om die Vrystaat se landbouers en ekonomie te beskerm, en ons wil maatskappye nooi om met ons hande te vat vir hierdie dag,” sê Van Niekerk.

Johan Gunter van Agriculturedotgolf in die Vrystaat sê hulle nooi die sakesektor, die landbou- en boeregemeenskap om betrokke te raak.

Kry meer inligting oor die boere-en-gholfdag op agriculturedotgolf.co.za of op Facebook.

You need to be Logged In to leave a comment.