Die somer maak so skaam-skaam sy verskyning en vleisbraaivure word weer gereeld aangesteek.
Be Human se Braaidag op Saterdag 23 September gaan ’n onvergeetlike fees van goeie musiek, heerlike braaivleis en kuier saam met vriende wees.
Karen Zoid, Juan Boucher, Bobby van Jaarsveld en Dr Victor & The Rasta Rebels is om die beurt op die verhoog om gaste te vermaak.
Die rugbywedstryd tussen Suid-Afrika en Ierland sal op ’n grootskerm vertoon word, so die partytjie kan nog tot laat aangaan.
Kaartjies wat R395 kos, verleen slegs toegang tot die geleentheid. Koop sommer van die begin af ’n kaartjie van R535, wat ’n braaipak met vleis en ’n braaibroodjie insluit.
Die braaipak bestaan uit ’n 200 g lendeskyf, 160 g hoenderboudjie, 80 g varkvlegsel en 150 g boerewors.
Kaartjies vir kinders 12 jaar en jonger kos R190, of R255 met ’n braaipak. Hul braaipakke bestaan uit 150 g boerewors, ’n 160 g hoenderboudjie en ’n warm-brakrol. Kinders jonger as vyf jaar betaal net R25.
Geen eie kos en drankies mag ingebring word nie. Daar sal ’n kontantkroeg en kosstalletjies beskikbaar wees. Braaipakkies word ook verkoop.
Die hekke open om 12:00 en Bobby van Jaarsveld tree tussen 14:05 en 15:15 op. Juan Boucher is volgende aan die beurt van 15:45 tot 17:00. Die vrolike klanke van Dr Victor & The Rasta Rebels sal van 17:30 tot 18:30 opklink. Karen Zoid sluit die aand se musiekvertonings met ’n optrede van 19:00 tot 20:30 af. Die wêreldbekertoernooi tussen Suid-Afrika en Ierland word om 21:00 op die grootskerm vertoon. Kaartjies is by Computicket beskikbaar.
Bloemnuusis die gedruktemediaborg vir Be Human se Braaidag vir 2023.