Ricus Nel maak reg vir ’n lekker vleisbraai. Foto: Verskaf


Met heerlike vleisbraaigeure in die lug gaan gaste kan saamkuier op die Be Human Castle Lager Braaidag op 24 September, aangebied op die plaas Middelwater.

Nie net gaan daar aan die lekkerste braaivleis gesmul word nie, vier van die land se gewildste sangers gaan almal dié dag ook gaste vermaak.

Daar gaan ook ’n groot skerm wees waarop gaste die rugbywedstryd tussen die Springbokke en Argentinië kan kyk.

Adam Tas, Ricus Nel, Refentse en Bok van Blerk gaan die hele dag musiek maak.

Adam Tas begin die vermaak om 13:55 en Bok van Blerk sing om 15:35. Refentse lui die aandprogram om 18:45 in met Ricus Nel wat om 20:25 gaan sing. Die rugbywedstryd word van 17:05 af vertoon.

Kaartjies vir die dag se vermaak kos R375 en vir R495 kry jy ’n braaipak ingesluit.

Toegang vir kinders 12 jaar en jonger kos R190 en ’n braaipak ingesluit kos R230.

Braaipakkies sal ook te koop aangebied word wat by die Webber-braaihoekie gebraai kan word. Daar sal ook kosstalletjies en ’n kontantkroeg beskikbaar wees.

Kaartjies is by Computicket beskikbaar.

You need to be Logged In to leave a comment.