Be Human se Braaidag op Saterdag 23 September gaan ’n fees van goeie musiek, heerlike braaivleis en kuier saam met vriende wees.
Karen Zoid, Juan Boucher, Bobby van Jaarsveld en Dr Victor and The Rasta Rebels is om die beurt op die verhoog om gaste te vermaak.
Die rugbywedstryd tussen Suid-Afrika en Ierland in die Rugby-wêreldbeker sal om 21:00 op ’n groot skerm vertoon word, so die partytjie kan nog tot laat aangaan.
Kaartjies wat R395 kos, verleen slegs toegang. Koop sommer van die begin af ’n kaartjie van R535, wat ’n braaipak met vleis en ’n braaibroodjie insluit.
Kaartjies vir kinders 12 jaar en jonger kos R190, of R255 met ’n braaipak.
Kinders jonger as vyf jaar betaal net R25.
Kaartjies is op tickets.computicket.com beskikbaar.
Bloemnuus is die gedruktemediaborg vir die Be Human-braaidag vir 2023.