Brandgevaar is nou groot risiko in Vrystaat

Die Vrystaatse wintergras skep ’n groot brandgevaar in stedelike sowel as landelike gebiede.


Die Vrystaatse wintergras skep ’n groot brandgevaar in stedelike sowel as landelike gebiede.

Vrystaat Landbou (VL) versoek in ’n nuusverklaring boere in die provinsie om tydige voorbereiding vir die voorkoming van veldbrande te tref.

Volgens Kempen Nel, voorsitter VL se Natuurlike Hulpbronne-komitee, verskaf die Vrystaat se goeie grasbedekking brandstof vir veldbrande.

Die weertoestande wat ons nou ondervind verhoog die risiko vir wydverspreide veldbrande. Daarom skakel Vrystaat Landbou met grondvlakstrukture om die nodige voorsorgmaatreëls te tref,

“Die weertoestande wat ons nou ondervind verhoog die risiko vir wydverspreide veldbrande. Daarom skakel Vrystaat Landbou met grondvlakstrukture om die nodige voorsorgmaatreëls te tref,” verduidelik hy.

Tydens die droogtetoestande gedurende Februarie vanjaar was daar reeds ? groot brandgevaarrisiko. Die laat reën het egter die bedreiging geneutraliseer, maar veldbrande word nou ’n al groter risiko.

As deel van die voorbereidingsproses het die Agri Relief Foundation onlangs 35 blasers aan VL-strukture geskenk wat beskikbaar gestel sal word aan landbouverenigings.

Nel sê die landbousektor is dankbaar vir hierdie gebaar.

Hy sê Brandbeskermingsverenigings (BBV’s) het reeds hul brandplanne by die departement van omgewingsake en bosbou ingedien en vergaderings is op 27 Junie in Bloemfontein met die nasionale departement gehou.

“Ons vra nou lede van die publiek,en kontrakteurs om bedagsaam te wees wanneer hulle deur die platteland ry. Moenie bydra tot die brandgevaar-risiko deur oopvure te maak of met toerusting in die veld te werk wat vonke veroorsaak nie, aangesien dit tot veldbrande kan lei,” maan Nel.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.