Twee broers (19 en 22) is met skietwonde in hospitale in Bloemfontein opgeneem nadat vier mans hulle by die suidelike stortingsterrein in die stad aangeval het.
Die twee broers het op Dinsdag 13 Junie vullis na die stortingsterrein geneem toe hulle deur vier mans aangeval is waarvan een op hulle geskiet het.
Die mans is na bewering van hul selfone beroof.
Na bewering het die jong mans op die grond geval nadat hulle geskiet is en is hulle deur hul aanvallers in hul motor gelaai waarna die aanvallers met die broers in die motor gery het en die bestuurder kort daarna beheer oor die voertuig verloor.
Die verdagtes het toe van die toneel gevlug.
Kort daarna het die broers se pa hulle kom soek waar hy hulle in die motor gevind het. Hulle na hospitale in die stad gebring vir behandeling van die skietwonde.
’n Saak van poging tot moord is by die Kagisanong-polisiekantoor geopen.
Die polisie versoek enigeen wat inligting oor die voorval het om AO Teflo Lefalatsa by 082-465-5945 te bel.