Verskeie AfriForum-buurtwagtakke in Bloemfontein het Saterdag (10/12) deelgeneem aan optrede om plakkers en hawelose mense uit die Bloemfontein-dieretuin te verwyder.
Die bestuur van die dieretuin was raadop oor al die uitdagings met die plakkers op die perseel en het AfriForum se veiligheidstrukture om hulp genader.
Die dieretuin huisves net een trop buffels, en daar word vermoed dat van die buffelkalfies moontlik al deur die plakkers geslag is.
AfriForum-buurtwaglede het Saterdagaand in samewerking met die polisie en private veiligheidsmaatskappye op die dieretuin toegeslaan en drie verdagtes is in hegtenis geneem.