Die nuutgevormde Defleursig-woonbuurtvereniging wat die woonbuurte Uitsig, Fleurdal en Genl. de Wet insluit, is uit die oorspronklike vereniging in Uitsig ontwikkel.
Ralph Rex, voorsitter van DeFleurSig, het op ’n vergadering by die NG kerk Uitsig op 9 Februarie gesê dié vereniging gaan vir eers fokus op die skoonmaak van drie parke – een in elke woonbuurt asook ook om die veiligheid in die woonbuurt verder te verbeter.
Hulle wil die werk uitkontrakteer, maar daarvoor benodig hulle goeie, gereëlde inkomste van lede.
Daar is sowat 3 800 huise in dié drie woonbuurte.
Rex sê dit is verblydend dat daar so ’n positiewe houding teenoor die vereniging uit inwoners van die woonbuurte is.
Die vereniging het reeds ’n WhatsApp-groep met 230 ontvangers.
Rex sê die vereniging het al menige riool-lekkasies, waterlekplekke asook bome wat omgeval het, aangemeld by die Mangaung-metro.
“Ons het ook goeie samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens, die gemeenskapspolisiëringsforum asook veiligheidsmaatskappye. Dit is met betrekking van sake soos die diefstal van hekmotors en die diefstal van ’n motorfiets.”
Met die skenkings en ledegeld van inwoners sal nou daarop gefokus word om die parke in Japie Neserweg, Napoleon-straat en Sannasposweg gesny word.
“Hoe meer mense ledegeld betaal, hoe meer werk kan aangepak word. Met 30 lede se ledegeld kan ons een van die drie parke elke vierde maand sny. Met 100 lede kan ons elke maand al drie parke sny en binnekort nog parke oorweeg.”
Daar is ook ’n ooreenkoms sodat lede van die vereniging direk ’n veiligheidsmaatskappy kan skakel in geval van nood.
Rig navrae oor die vereniging en lidmaatskap aan Phila Garing by 082-381-6569.