Buurtwag skerp kennis op

Met die veld wat droog is en nagte wat steeds koud is, is brande nou ’n groot gevaar in en om die stad.


Met die veld wat droog is en nagte wat steeds koud is, is brande nou ’n groot gevaar in en om die stad.

AfriForum se buurtwaglede in Bloemfontein het op 20 Augustus opleiding in brand­bestryding ontvang.

Die opleiding is deur Forum-sekuriteit aangebied.

Die doel van die opleiding is om buurtwaglede met teoretiese en praktiese kennis toe te rus om korrek en doeltreffend in noodsituasies op te tree.

Gedurende die opleiding is ’n brand gestig wat hulle moes blus om sodoende die gevare van ’n noodsituasie te identifiseer.

Daar is veral aandag aan veld- en bosbrande geskenk, aangesien dit die mees algemene brande is wat in die Vrystaat voorkom en waarvoor buurtwaglede hul hulp aanbied.

“Dit is uiters belangrik om seker te maak dat ons buurtwaglede met die regte kennis en hulpbronne toegerus is om sodoende doeltreffend op noodsituasies te kan reageer”, sê Christo Groenewald, AfriForum se distrikskoördineerder in Bloemfontein.

“Dit is vir ons as AfriForum ’n voorreg om ons buurtwaglede met dié soort opleiding by te staan, aangesien die kennis ’n positiewe invloed op ons plaaslike gemeenskappe het.”

Buurtwaglede van die Wilgehof-buurtwag het ook die naweek opleiding in patrollering en radiospraak ontvang.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.