Buurtwagte opgeskerp

AfriForum-gemeenskapsveiligheid het van 16 tot 18 September opleiding aan buurtwag­lede gebied, wat verskillende kursusse vir buurtwagleiers, inligtingspanleiers, operasiespanleiers en steunspanleiers ingesluit het. Hierdie vier rolle vorm die kern v


AfriForum-gemeenskapsveiligheid het van 16 tot 18 September opleiding aan buurtwag­lede gebied, wat verskillende kursusse vir buurtwagleiers, inligtingspanleiers, operasiespanleiers en steunspanleiers ingesluit het. Hierdie vier rolle vorm die kern van Afri­Forum se buurtwagstrukture.

Die opleiding is buite Pretoria aan onder meer die Randfontein-, Apiesrivier-, Alberton-, Rayton-Heuwelsig-, Hartbeespoort-, Hospitaalpark-, Bethlehem- en Brakpan-buurtwag gebied.

Saterdag (24/09) het AfriForum ook sy sesde protospankursus aangebied. Protospanlede is die sogenaamde spiespunt van AfriForum-buurtwagte se reaksiespanne en ontvang gespesialiseerde opleiding.

AfriForum het sowat 160 veiligheidstrukture met byna 10 000 opgeleide vrywilligers.

AfriForum se trauma-eenheid het ook die afgelope tyd 42 vrywilligers gewerf en opgelei om slagoffers van plaasaanvalle en geweldsmisdaad op die toneel by te staan.

Izel Kruger en Hennie Human, ­beraders van AfriForum se traumaeenheid, het vrywiligers in die Vrystaat, KwaZulu-Natal en Noordwes met kennis en vaardighede toegerus.

Die opleiding het op 13 Augustus in Bloemfontein begin met 12 vrywilligers van die Bultfontein-, Bethlehem- en Bloemfontein-buurtwag wat by die NG kerk Gardenia praktiese opleiding ondergaan het.

Hierdie opleiding is op 3 September in Potchefstroom voortgesit. Die traumaeenheid het die opleiding op 17 September by die Boereverenigingsaal in Vryheid afgesluit.

“Ná hierdie opleiding is vrywilligers in die noorde van KwaZulu-Natal goed opgelei om slagofferondersteuning in hul gemeenskappe te bied,” sê Eugene van Aswegen, distrikskoördineerder vir KwaZulu-Natal.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.