Bymekaarkomplek bied meer as dag se brood

Daar is talle nuwighede by The House of Bread, ’n bymekaarkomplek vir Christene van alle denominasies.


Daar is talle nuwighede by The House of Bread, ’n bymekaarkomplek vir Christene van alle denominasies.

André Venter, eienaar van die koffiewinkel in Brandwag, sê hul doel met House of Bread is om te wees soos die markplek waar Jesus in Bybelse tye die mense met die Woord bedien het.

“Vader is besig om iets in ons stad te verander,” sê hy.

“House of Bread moet wees soos ’n kerk wat alle ure oop is.

“Dit is so hartseer dat ons kerke net Sondae-oggende oop is.

“Hierdie is die geleentheid vir mense om te kom aanbid en in die teenwoordigheid van God te verkeer.”

Van die nuwighede wat die afgelope tyd hier begin is, is ’n barista-stasie en ’n verhoog waar musiekoptredes kan plaasvind.

Selgroepe en kerkgroepe word genooi om in een van die kamers hier te vergader.

Die manne-gebedsgroep vergader steeds elke dag hier van 05:00 tot 07:00.

“Die naam van die koffiewinkel verwys na Jesus wat die brood van die lewe is,” sê Venter.

Dit is daarom dat daar op weeksdae ’n verskeidenheid brode op die perseel gebak word.

Andrea Venter, bestuurder, vertel die brood wat hier gebak word, sluit in: bagels, 100%-rogbrood, aartappel-en-roosmarynbrood en Franse suur­deegbrood waarvan die deeg 16 uur lank gefermenteer is.

Daar is ook nou ’n deli met wegneemetes en vars voorbereide sop.

“Ons wil vir mense ’n bymekaarkomplek bied waar hulle geestelik verryk kan word,” sê Venter.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.