Cézanne Yzel en Mario Lategan gaan die Kerssang lei op Carols with the Stars op 14 November.

Vanjaar se Carols with the Stars-geleentheid op Vrydag 14 November by die Laerskool Willem Postma begin al om 13:00 met ‘n Kersmark.

Daar sal meer as 40 stalletjies wees wat ‘n verskeidenheid eetgoed, klere, lekkernye en Kersprodukte te koop gaan aanbied.

Besoekers aan vanjaar se Carols word versoek om nie piekniekmandjies te bring nie en eerder eetgoed en iets te drinke by die stalletjies te koop.

Refentse is die hoofkunstenaar op Carols with the Stars op 14 November.

Pick n Pay Preller Walk bied vanjaar weer die geleentheid vir een klant om ‘n motor te wen, dié keer ‘n splinternuwe Toyota Vitz 1.0MT.

Om hiervoor in aanmerking te kom, kan klante inkopies van ‘n minimum van R300 doen en hul naam en van, ID-nommer en selnommer agterop die strokie skryf. Gooi die strokie in die spesiaal gemerkte houers by Pick n Pay Preller Walk.

Dié wat ‘n kans wil staan om een van die vyf finaliste te wees, wat elk ‘n sleutel gaan ontvang waarvan een die Toyota Vitz gaan oopsluit, moet by die trekking wees ná die Carols-vertoning.

Refentse is vanjaar se gaskunstenaar, met Mario Lategan en Cézanne Yzel wat die sing van Kersliedjies sal lei. Die musiekvertoning begin om 19:00.

Toegang na die Kersmark en die Carols with the Stars-vertoning kos vanjaar R10. Al die geld wat ingesamel word, gaan aan liefdadigheid.

You need to be Logged In to leave a comment.