Die Cheetahs is op pad na Europa waar hulle die volgende paar weke gaan meeding in die Europese Professionele Klubrugby-uitdaagreeks.
Die span wat sy debuut in dié uitdaging gaan maak, is Dinsdag 29 November aangekondig.
Die Cheetahs vertrek Maandag (05/12) na Frankryk waar hulle op 10 Desember teen Section Paloise gaan speel.
In die tweede ronde ’n week later, speel die Cheetahs teen Scarlets in Parma, Italië.
Die span sal Kersfees na Suid-Afrika terugkeer vir ’n ruskans voordat hulle na Wallis sal reis om op 13 Januarie teen Scarlets te speel en teen Pau in Parma.
Die Cheetahs se twee tuiswedstryde sal op die
Sergio Lanfranchi-stadium in Parma beslis word.
Een van die voorwaardes van deelname aan die uitdaging, is dat die span in Europa moet tuisgaan.