Sien die naweek clivias in die Fleurdal Mall.Foto: Lientjie Mentz


Die jaarlikse Clivia-skou word die naweek van Vrydag 20 September af in die Fleurdal Mall aangebied.

Die Clivias kan Vrydag en Saterdag van 09:00 af, totdat die mall sluit, en Sondag van 09:00 tot 12:00 besigtig word.

André du Toit van die Vrystaatse Cliviaklub sê die hele Bloemfontein spog nou met vrolik blommende clivias in die tuin.

“Kom loer gerus in by die skou en sien watter wonderlike verskeidenheid daar is. Daar is ook Vrydag en Saterdag plante te koop.”

Die skou word in die Woolworths Court in die Fleurdal Mall aangebied.

You need to be Logged In to leave a comment.