Die uitstalling van clivias in die Fleurdal Mall. Foto: Verskaf


Daar was sommer heelwat voete wat kom kyk het na die 110 clivias wat van Vrydag (16/09) tot Sondag in die Fleurdal Mall te sien was.

André du Toit, voorsitter van die Vrystaatse Cliviaklub, sê dit was die eerste keer dat daar weer volwaardig skou gehou kon word ná die lang inperking.

Die afgelope twee jaar moes die skou virtueel plaasvind.

Klublede kon hul blomplante en blaarplante vir die cliviaskou inskryf, terwyl die publiek na die pragtige plante kon gaan kyk en ook clivias kon koop.

Stefan Ferreira het die beste twee plante op die skou gehad, terwyl Riaan Roux se clivia ’n derde plek behaal het.

Ferreira se blaarplant het ook die eerste prys op die skou verower.

Du Toit sê die Cliviavereniging van Suid-Afrika se virtuele skou het soveel belangstelling gelok, dat daar voorlopig besluit is om voort te gaan met die virtuele skou.

Vir deelnemers en belangstellendes was dit egter ’n fees om dié blomprag weer in groot massas te sien.

You need to be Logged In to leave a comment.