’n Fees van oranje en geel is van môre af in die Fleurdal Mall te sien wanneer die Vrystaatse Cliviaklub dié naweek sy jaarlikse clivia-skou daar aanbied.
Klublede skryf van vandag af hul plante in en die beoordeling begin môre.
Besoekers sal Vrydag van 08:00 af die plante en blomme kan besigtig.
Klublede sal daar wees en tuiniers kan hulle gerus om raad vra. Van die klublede sal ook clivias te koop aanbied. Kom loer dus gerus watter interessante kleurvariasies daar is en kyk hoe die wenplante lyk.
Die skou duur Vrydag tot 19:00, Saterdag van 08:00 tot 17:00 en Sondag van 08:00 tot 12:00.
Geen verkope vind Sondag plaas nie.
Rig navrae oor die skou aan André du Toit by 084-811-0152.