Crinums se ‘volle pakket’ terug op die baan

Die Vrystaatse Crinums het drie Proteas aan internasionale klubnetbal afgestaan, maar die “volle pakket” teruggekry.


Die Vrystaatse Crinums het drie Proteas aan internasionale klubnetbal afgestaan, maar die “volle pakket” teruggekry.

Die ervare Protea-onderkaptein, Karla Pretorius speel weer vanjaar vir die Vrystaters nadat sy verlede jaar nog in Australië in aksie was.

Die nasionale liga het op Vrydag 26 April in die Ellispark-arena in Johannesburg begin.

Martha Mosoahle-Samm, Crinums-afrigter, sê haar span sal Rolene Streutker, Khanyisa Chawane en Lefébre Rademan beslis mis, maar dit is “fantasties” om Pretorius terug te hê.

“Karla bring enorme ervaring na die span, asook kalmte en sekerheid vir haar spanmaats,” meen Mosoahle-Samm.

“Dit is fantasties om haar terug te hê, al die talent, en om te sien dat sy die ‘volle pakket’ is. Ja, natuurlik is sy ons kaptein; ons kon nie daardie geleentheid laat verbygaan nie,” sê Mosoahle-Samm.

Pretorius het laas in die 2016-seisoen vir die Crinums uitgedraf.

– Anchen Nel

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.