Tussenverkiesing in Mangaung 11 September 2024.


Die DA het al vyf tussenverkiesings wat gister in die Vrystaat gehou is, gewen.

In Bloemfontein het die DA beheer oor wyke 18, 20, 22 en 25 behou en in Matjabeng het die DA wyk 35 in die tussenverkiesing behou.

Corize van Rensburg is die nuwe wyksraadslid van wyk 20.Foto: Verskaf

Gregory van Noord is die nuutverkose wyksraadslid van wyk 18.Foto: Verskaf

Jan-Hendrik Cronje is die nuwe wyksraadslid van wyk 22.Foto: Verskaf

Paul Kotzé is die nuwe wyksraadslis van wyk 25 in die Mangaung-metro.Foto: Verskaf

Gregory van Noord is gekies as die DA se wyksraadslid van wyk 18 wat Lourierpark, Fauna en Bainsvlei insluit. Hy het 85.23% van die stemme op hom verenig teenoor die ANC se 14.77% van die stemme.

Corize van Rensburg van die DA is verkies tot die DA-wyksraadslid van wyk 20 wat Brandwag, Dan Pienaar en Heuwelsig insluit. Sy het 98.40% van die stemme gekry teenoor die ANC se 1.6%.

In wyk 22 wat uit Langenhovenpark bestaan, het Jan-Hendrik Cronje 97.36% van die stemme gekry teenoor die ANC se 2.64%.

Paul Kotzé is verkies tot die wyksraadslid van wyk 25 wat Pellissier en Fichardtpark insluit. Hy volg wyle DA-raadslid Rossouw Botes op wat onlangs gesterf het.

Die DA het 97.78% van die stemme gekry teenoor die ANC se 2.22%.

In wyk 35 van Matjhabeng is Estelle Dansey van die DA verkies vir dié munisipale raad.

Werner Horn, die DA se voorsitter in die Vrystaat, sê met dié tussenverkiesing word daar goeie momentum behou sedert die nasionale en provinsiale verkiesing wat vroeër vanjaar gehou is.

Hy het die nuwe wyksraadslede geluk gewens met hul verkiesing.

You need to be Logged In to leave a comment.