DA-kandidaat Maryke Davies nuwe speaker van Mangaung-metro

Die geskiedenisboeke is vandag in die Mangaung-metro herskryf toe die DA se kandidaat vir die posisie van speaker van die metro, Maryke Davies, Woensdag op ’n spesiale raadsvergadering met ’n meerderheidstem van 53 stemme teenoor 40 in dié amp verkies is.


Die geskiedenisboeke is vandag in die Mangaung-metro herskryf  toe die DA se kandidaat vir die posisie van speaker van die metro, Maryke Davies,  Woensdag op ’n spesiale raadsvergadering met ’n meerderheidstem van 53 stemme teenoor 40 in dié amp verkies is.

“Dit is vandag ’n dag vir die geskiedenisboeke,” het Johan Pretorius, leier van die DA-koukus in die metro, ná die verkiesing, gesê.

“Dit is ’n dag waarop raadslede en opposisiepartye saam gestaan het, om te sê ons wil verandering sien. Dit is ook ’n bewys hoe opposisiepartye kan saamstaan. Ons sal jou ondersteun sodat ons almal hierdie raad, die metro vorentoe kan neem. Ons is hier om te werk vir die mense van Mangaung. Hierdie is die eerste stap om dit reg te kry.”

Dit is ’n dag waarop raadslede en opposisiepartye saam gestaan het, om te sê ons wil verandering sien. Dit is ook ’n bewys hoe opposisiepartye kan saamstaan. Ons sal jou ondersteun sodat ons almal hierdie raad, die metro vorentoe kan neem. Ons is hier om te werk vir die mense van Mangaung. Hierdie is die eerste stap om dit reg te kry.

Ook Elizabeth Snyman-Van Deventer van die VF Plus, het Davies gelukgewens met haar verkiesing as speaker.

“Hierdie is ’n bewys dat as mense regtig verandering wil hê, wanneer mense die belange van die inwoners van Manaung ernstig opneem, wanneer hulle die mense wat vir hulle gestem het ernstig opneem, dan gebeur wat vandag hier gebeur. Ons sien daarna uit om saam met die nuwe speaker te werk. Hierdie is ’n teken dat die mense verandering wil hê.”

Lucky Mongale van die Afrikan Alliance of Social Democrats (AASD) sê die amp van speaker is meer as net die rig van die vergadering. “Die speaker is ook verantwoordelik vir die proses van die metro se ontwikkelingsplan. Hopelik sal die proses waaraan die amptenare en gemeenskap oor die plan besin, vroeër begin. Ons glo hierdie is ’n oomblik om terug te kyk.” Hy het gesê Davies is nie gekies deur die DA nie, maar deur die raadslede van Mangaung. Die doel daarvan was om te sê dat die inwoners van Mangaung wil dienslewering hê.”

Terwyl die polisie ’n wakende ook gehou het oor werknemers van die Mangaung-metro wat buite die Bram Fischer-gebou (Glaspaleis) saamgedrom het, het die raad oorgegaan tot stemming.

Dit volg nadat die raad se voormalige speaker Stefanie Lockman-Naidoo as ANC-raadslid en speaker bedank het.

Nog ’n ANC-raadslid en voormalige burgemeester Mxolisi Siyonzana het ook onlangs bedank. Dit kom ná druk van die ANC om dié twee uit hul posisies te verwyder.

In hul plekke is Gregory Mosala Nthatsi en Bongani Lawrence Mathae as ANC-raadslede Woensdag in hul plekke aangewys.

Die ANC het Mathae kort na sy aanwysing as raadslid, genomineer as speaker vir die metro.

Van sy kant af het Johan Pretorius namens die DA vir Maryke Davies genomineer vir die pos van speaker.

Sy het 53 van die 93 stemme op haar verenig om as die Mangaung-metro se eerste DA-speaker verkies te word sedert die eerste demokratiese verkiesing in 1994

Sy het 53 van die 93 stemme op haar verenig om as die Mangaung-metro se eerste DA-speaker verkies te word sedert die eerste demokratiese verkiesing in 1994.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.