Slaggate in Jan Fiskaal- en Waatlemoenstraat in Pellissier is Vrydag (21/04) gevul danksy die samewerking van Trots Pellissier en ’n borgskap van Skyband. Sowat 31 slaggate is die oggend gevul. Henk Greyvenstein van Skyband daag ander ondernemings in Bloemfontein uit om betrokke te raak om die stad se paaie te help opknap. Van links by een van die slaggate is Greyvenstein, Abrie de Waal, Ansie Coetzee (albe­i van Trots Pellissier) en Marnoux Coetzee (Skyband). Foto: Lientjie Mentz