Vrydag 8 Oktober
* ’n Wynproe- en kuiergeselligheid saam met Lizz Meiring begin om 18:00 vir 18:30 by die Summerwood-landgoed. Kaartjies kos R300. Skakel 082-555-8980 of stuur ’n e-pos na montello@shisas.com.
Saterdag 9 Oktober
* Be Human op die plaas Middelwater se familiemark vind plaas. Die plaas, kroeg, plaasdeli, Be Active-roetes, stalletjies en pretpark sal oop wees. Toegang kos R20, maar kinders korter as 1 m betaal R10. Die nasionale Suffolk-veiling vind om 11:00 plaas. Altesaam 30 ramme en 50 ooie sal te koop aangebied word.
* Die Storie-vir-Storie-toer vind in Philippolis plaas. Almal wat die toer wil meemaak, moet om 10:30 by die Ou Tronk-gastehuis ontmoet. ’n Aandete sal om 19:00 in die Karoo Artist’s Café bedien word, waarna ’n musiekvertoning sal plaasvind. Kaartjies kos R200 en moet voor 1 Oktober bespreek word. Rig navrae deur 084-559-8991 te skakel.
* ’n Musiekfees met kunstenaars Eddie Colins (10:30), Liv Die (12:00) en Nicky Van (15:00) vind op die musiekfeesterrein in Van Blercklaan plaas. Kaartjies kos R150. Die aandvertoning se program begin om 16:30 met ’n vertoning deur Hilton Crest. Jack Stone kom om 18:00 aan die beurt. Die hoofvertoning deur Jo Black begin om 20:30. Daar sal die heel dag deur Chillie Challenge-uitdagings wees waar kunstenaars ’n warm rissie-skyfie moet eet.Kaartjies vir die hoofvertoning kos R200 en is op
phoenixpro.co.za beskikbaar.
* ’n Mooi Storie met Lizz Meiring begin om 15:30 by die Summerwood-landgoed. Die vertoning sluit ’n kospakkie in. Skakel 082-555-8980 of stuur ’n e-pos na montello@shisas.com vir besprekings.
Sondag 10 Oktober
* Die musiekfees word met ’n vertoning deur Vangeli Grammatikos (11:00) en Fay Lamour (12:30) afgesluit. Kaartjies kos R50 en is op phoenixpro.co.za beskikbaar. Belangstellendes kan navrae rig deur Yodette Rheeder by 060-890-7333 te bel.
Vrydag 15 Oktober